Twee treine bots in Egipte

4 days ago
1 min read
Minstens sewe mense is dood en meer as 100 beseer in ’n treinbotsing naby Egipte se hoofstad, Kaïro.
Die spoorwegowerheid sê twee treine wat suid van Giza en Kaïro af gereis het, het gebots. Verskeie treinwaens het ontspoor en teen ’n wal afgerol.
Nooddienste het ’n grootskaalse reddingsoperasie van stapel gestuur om beseerde passasiers by te staan.
President Abdel Fattah al-Sisi het ’n ondersoek na die botsing gelas en sê enigiemand wat nalatig bevind word, moet aanspreeklik gehou word.
Die staatsaanklaer se kantoor waarsku dat die dodetal kan styg.










Comments