Uitspraak is voorbehou in AfriForum se saak teen Eskom en Nersa

19 minutes ago
1 min read
Die Pretoria-hooggeregshof het uitspraak voorbehou in AfriForum se regsgeding teen Eskom en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) oor bykomende elektrisiteitstariefverhogings ter waarde van ongeveer R54 miljard.
Die saak is Dinsdag aangehoor en handel oor verhogings wat goedgekeur is na 'n beweerde berekeningsfout.
Dit beloop 8.76% vir die 2026/2027-boekjaar en 8.83% vir 2027/2028.
AfriForum se adviseur oor plaaslike regeringsake, Dalena Beyers, sê dat daar steeds ernstige vrae bestaan oor die wettigheid, rasionaliteit en deursigtigheid van Nersa se besluit.










Comments