Universitas en Pelonomi sukkel glo met warm water

Pasiënte by Universitas- en Pelonomi-hospitale in Bloemfontein het glo nie altyd toegang tot warm water nie weens probleme met die instandhouding van stoomketels.
Dit volgens die DA se Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, David Masoeu, ná ’n antwoord van die Departement van Gesondheid op ’n skriftelike vraag in die provinsiale wetgewer.
Die departement het glo bevestig dat stoomketels by sommige hospitale, waaronder Universitas en Pelonomi, nie ná die verpligte 36-maande-instandhoudingstydperk gediens is nie.
Die Departement van Arbeid het vroeër ’n verbod uitgereik nadat ’n inspeksie bevind het dat die stoomketels nie aan veiligheidsregulasies voldoen nie.
Die DA sê pasiënte het gekla oor die gebrek aan warm water en dat die hospitale glo nou ketels en warmwater-urns gebruik om water warm te maak.
Die party sê dié maatreëls kan ook ’n gevaar vir pasiënte inhou.








Comments