UV-Studente kry borgtog mits streng voorwaardes nagekom word
- Armando Pieters
- Oct 11
- 1 min read
Die nege studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat vroeër in hegtenis geneem is vir openbare geweld, het gister in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
Die hof het aan al nege studente borgtog toegestaan, mits streng voorwaardes nagekom word.
Volgens 'n mediaverklaring mag die studente nie die kampusterrein betree voordat die saak afgehandel is nie en studente wat normaalweg op kampus bly, moet tydelike verblyf buite die kampus kry.
Die aanklagte spruit uit onluste wat vroeër die week op die kampus uitgebreek het tydens betogings oor finansiële en administratiewe kwessies.
Die saak sal op Dinsdag 4 November in die Bloemfonteinse landdroshof hervat word.

Comments