Polisie is by die UV-kampusse ontplooi
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 9, 2025
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het versoek dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens op hul drie kampusse ontplooi word.
Dit in reaksie op beweerde hernude dreigement van protesaksie wat verband hou met studente se skuld, NSFAS-befondsingsuitdagings en die beëindiging van voorlopige registrasie vanaf 2026.
Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die versoek volg na die universiteit verhoogde mobilisasie op sosiale media-platforms opgemerk het, met plasings wat daarop dui dat groepe van voorneme is om normale universiteitsbedrywighede te ontwrig.
Intussen is vyf mans-studente op die Bloem-kampus vir openbare geweld in hegtenis geneem, na hulle polisievoertuie met klippe gegooi het.
Die polisie gaan met patrollies in en om die kampusperseel voort.







Comments