top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vakbonde vra dat Shein en Temu verbied word

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
22 hours ago
1 min read

Die vinnige groei van Shein en Temu het daartoe gelei dat georganiseerde vakbonde vra dat dié aanlyn platforms in Suid-Afrika verbied word.


Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) en sy geaffilieerde vakbond, die Southern African Clothing and Textile Workers’ Union (Sactwu), sê die platforms bedreig plaaslike vervaardiging en werkgeleenthede deur ingevoerde goedere teen pryse te verkoop wat plaaslike ondernemings dikwels nie kan ewenaar nie.


Business Tech berig tegnologiekenner Siphumelele Zondi het egter die voorgestelde verbod gekritiseer. Hy sê Suid-Afrika kan nie die verskuiwing na aanlyn inkopies omkeer bloot omdat buitelandse mededingers veld wen nie.


Zondi het die grondslag vir die voorspelde werkverliese bevraagteken, maar erken dat die groei van internasionale aanlyn kleinhandelaars druk op tradisionele kleinhandel en plaaslike vervaardiging kan plaas.


Hy sê plaaslike ondernemings moet by veranderende verbruikersgedrag aanpas, eerder as om te verwag dat die regering buitelandse mededingers uit die mark moet verwyder.


Ter illustrasie. FOTO: Business Tech
Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page