Van Aardt-moord: Moordbeskuldigdes laat vaar hul borgtogaansoek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 20, 2025
- 1 min read
In 'n hofverskyning van slegs twee minute het Karin van Aardt se drie moordbeskuldigdes hul borgtogaansoek laat vaar. Geen redes is verskaf nie.
Bronne het aan Netwerk24 gesê die drie was van plan om bekentenisse af te lê, maar het glo ná konsultasie met hul regsverteenwoordiger van plan verander. Volgens die bron sou dit moeilik wees om borgtog te kry, aangesien die ondersoekbeampte glo ’n waterdigte saak teen hulle het. Volgens berigte wou die bron nie hieroor uitwei nie.
Die drie beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede op Van Aardt, 'n oud-onderwyseres van die Laerskool Universitas in Bloemfontein.




Comments