Tjokkies betreur die afsterwe van ‘n oud-kollega
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 hours ago
- 1 min read
Die Primêre Skool Universitas in Bloemfontein, Tjokkies, het met groot hartseer die afterwe van ‘n oud-kollega, juffrou Karen van Aardt, gedeel.
Volgens die Laevelder was Van Aart en haar man oppad na haar kleinkind in Vredenburg se verjaardag, toe hulle in hul huurmotor op die N2 aangeval is.
Van Aardt se swaar sê is hulle by ‘n rooi verkeerslig deur ‘n groep mans bestorm.
Die mans het glo die ruit aan die passasierskant uitgeslaan en die juffrou se handsak probeer gryp.
In die poging om die handsak te steel, het een van die mans haar verskeie kere in die bors gesteek.
Haar man het onmiddelik probeer wegjaag.
Sy is by die N1 City-hospitaal opgeneem, waar sy later aan haar beserings beswyk het.
Soos berig is geen verdagtes nog in hegtenis geneem nie.






Comments