Vandalisme aan waterpyplyn lei tot verkleurde water in dele van Bloemfontein

Inwoners van verskeie Bloemfonteinse gebiede ervaar verkleuring van hul water nadat waterinfrastruktuur by Navilsig gevandaliseer is.
Volgens inligting wat deur die Mangaung Metro Munisipaliteit gedeel is, is lugkleppe en ’n hoofafsluitklep op die grootmaatwatertoevoerpypleiding langs Raymond Mhlaba-weg beskadig. Dit het sediment in die pyp versteur en tot verkleuring van die water bygedra.
Die geaffekteerde gebiede sluit Roxanne, die Bram Fischer-gebou, Hilton, President Hotel en Westdene in, asook omliggende gebiede.
Die metro is besig met spoelwerk om opgehoopte sediment te verwyder en die verkleuring te beperk.
Inwoners kan aanhoudende verkleuring, vandalisme of verdagte aktiwiteite by waterinfrastruktuur by die munisipale inbelsentrum aanmeld by 0800 111 3000.










Comments