top of page

Venezuela: Suid-Afrika is verdeeld

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 5
  • 1 min read

Die grootskaalse Amerikaanse militêre aanval op Venezuela, waarin president Nicholas Maduro en sy vrou, Cilia Flores, gevange geneem en uit die land gevlieg is, het ʼn hewige diplomatieke en politieke storm in Suid-Afrika ontketen.


Maroela Media berig volgens die woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco), Chrispin Phiri, is dit ʼn duidelike skending van die Verenigde Nasies (VN) se handves. Die handves verplig lidlande om die territoriale integriteit van ander state te respekteer. Hy sê die geskiedenis het herhaaldelik gewys dat militêre invalle teen soewereine state slegs onstabiliteit en ʼn verdieping van krisisse oplewer.


Volgens die EFF is dit ’n “onverbloemde oefening van eensydige militêre mag”. In skerp kontras hiermee het die leier van die VF Plus, Corné Mulder, die einde van Maduro se bewind en van die sosialistiese mislukking in Venezuela verwelkom.


Suid-Afrika het intussen ʼn dringende vergadering van die VN se Veiligheidsraad versoek.


Maduro is in ʼn New Yorkse tronk. Volgens Amerika se president Donald Trump gaan Venezuela voortaan onder Amerikaanse beheer wees.


Nicholas Maduro. FOTO: Maroela Media
Nicholas Maduro. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page