Veranderinge aan die toelatingsbeleid van voormalige Model C-skole word oorweeg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 10
- 1 min read
Die Departement van Basiese Onderwys oorweeg veranderinge aan die toelatingsbeleid van voormalige Model C-skole.
Voorstelle wat bespreek word, kan skole verbied om ouers se werkstatus of inkomste, asook leerders se akademiese uitslae, sportprestasies of leierskapsrolle as toelatingsvereistes te gebruik.
Volgens die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) is die groter uitdaging egter om swak presterende skole reg te ruk, sodat alle kinders toegang tot gehalte-onderwys naby hul huise kan hê.








Comments