Verantwoordelikheid kan nie vermy word nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 28, 2025
- 1 min read
Een van die grootste mites waarmee die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te doen het, is die idee dat iemand verantwoordelikheid kan vermy deur onder andere te sê: “Dis nie my hond nie” of “Ek voer hom net soms.”
Luidens ‘n plasing op Bloemfontein DBV se sosiale media is ‘n eienaar nie net die peroon wat die hond gekoop het nie.
Ingevolge die Dierebeskermingswet 71 van 1962 is die eienaar enige persoon wat 'n dier beheer, vir 'n hom sorg, toesig oor hom het, of hom in hul besit het — selfs tydelik.
Dit beteken as die dier in jou sorg of op jou eiendom is, is jy wetlik verantwoordelik vir sy welstand.





Comments