top of page

'n Bloemfonteinse man is vas oor 'n bebloede bul

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 19
  • 1 min read

Die eienaar van ’n bul is in Bloemfontein vir beweerde dieremishandegling in hegtenis geneem. Dit kom nadat 'n bekommerde lid van die publiek die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekontak het toe hulle gister 'n geparkeerde sleepwa by die Fleurdal-winkelsentrum met 'n bebloede bul op gesien het.


Volksblad berig DBV-inspekteur Lucky Olifant het op die bul afgekom waar hy glo besmeer met bloed met ’n tou aan die sleepwa vasgebind was. Albei die bul se horings was afgebreek en hy het erg gebloei. Die ondersoekspan het gevolglik besluit om op die bul beslag te lê.


In ’n plasing van die DBV is ook genoem dat die eienaar geen poging aangewend het om hulp aan te bied nie, en geen emosie of kommer oor die dier gewys het.


Volgens die DBV was ’n perd saam met die beseerde bul op die sleepwa, maar geen beserings is aan die perd bespeur nie.


Die bul is tans onder die versorging van die DBV en volgens Olifant sterk hy goed aan. Die eienaar sal eersdaags op aanklag van dieremishandeling in die hof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page