top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes is in Bloemfontein met Centlec-toerusting vasgetrek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 19
1 min read

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat elektriese infrastruktuur ter waarde van sowat R110 000 by Centlec se perseel in Oranjesig, Bloemfontein, teruggevind is.


Volgens Bloemfontein se kragverskaffer het sekuriteitswagte ’n anonieme wenk ontvang oor vermoedelike gesteelde koperdraad en meterbokse wat in sportsakke versteek is.


Sekuriteitspersoneel het daarna ’n munisipale vullisverwyderingsvragmotor onderskep toe dit die Centlec-perseel verlaat.


Daar is tydens ‘n deursoeking 48 meterbokse met sleutelblokke asook koperdraad, elektriese versmeltings en ander kabels in swartsakke binne die vragmotor gevind.


Die vier mans is aan die polisie oorhandig en sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte wat met diefstal en peutering met noodsaaklike infrastruktuur verband hou.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page