top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes wat glo ’n man in Bloemfontein ontvoer het, word gesoek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14
1 min read

Die Parkweg-polisie in Bloemfontein soek na ses verdagtes wat glo ’n 23-jarige man ontvoer en beroof het.


Volgens die polisie het die man in McHardylaan in Brandwag vir openbare vervoer gewag toe hy in ’n wit Toyota Quantum geklim het.


Die voertuig het na Tweede Laan gery, waar twee mans hom glo met messe gedreig en sy selfoon, skoene en ’n swart sak gesteel het.


Die verdagtes het hom later in Albrechtstraat in Dan Pienaar afgelaai.


Die polisie doen ’n beroep op mense met inligting om te help om die verdagtes en die minibus op te spoor.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page