top of page

Verkeer tel weer op soos die vakansie tot 'n einde kom

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 2
  • 1 min read

Owerhede waarsku dat hoë verkeersvolumes hierdie naweek op alle hoofroetes regoor Suid-Afrika verwag word soos die vakansie tot ‘n einde kom.


Motoriste word aangeraai om hul reise noukeurig te beplan, gereeld te rus wanneer hulle bestuur, en om nie snags te ry nie weens die verhoogde risiko van ongelukke.


Volgens reisdata oor die feestyd vind ten minste 21% van noodlottige ongelukke tussen 19:00 en 22:00 saans plaas.


Wetstoepassingsbeamptes sal voortgaan om hoë sigbaarheidsvlakke oor die land se hoofroetes te handhaaf.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page