#Verkiesing2026: Al die stemme in die Mangaung-metro is getel

6 days ago
1 min read
Die telling van die plaaslike verkiesing in die Mangaung-metro is afgehandel, met die ANC wat die meeste stemme gekry het.
Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se uitslae het die ANC 33,91% van die stemme behaal, teenoor die DA se 33,48%. Dit verteenwoordig onderskeidelik 152 152 en 150 228 stemme. Wat setels betref, het die ANC 36 en die DA 33 behaal. Die EFF het nege setels gekry.
Die stemtelling vir die Vrystaat is ook afgehandel. Die ANC het 37,14% van die stemme in die provinsie behaal, gevolg deur die DA met 27,56% en die EFF met 8,23%.
Die ANC het oor die Vrystaat heen 244 setels behaal, teenoor die DA se 150 en die EFF se 49 setels.










Comments