top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

#Verkiesing2026: Die ANC sê sy swak vertoning is weens teenrevolusionêre magte

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago
1 min read

Die ANC in Noordwes skryf sy swak vertoning in die munisipale verkiesing toe aan teenrevolusionêre magte.


Die party beweer dat elektrisiteitskabels en waterkleppe in sommige gebiede voor die verkiesing gesteel is om kiesers teen die party te laat draai.


Die ANC se verkiesingssteun in die provinsie het vir die eerste keer tot onder 50 % gedaal. Die party glo dat die vandalisme doelbewus beplan is om skade aan die party se verkiesingssteun te berokken.


Die provinsiale voorsitter, Nono Maloyi, het egter aan die media gesê dat verslegtende dienslewering ook 'n uitwerking op hul verkiesingsprestasie gehad het.


Ter illustrasie. FOTO: Polity
Ter illustrasie. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page