#Verkiesing2026: Die OVK begin stemme tel

Nov 5
1 min read
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het begin om die stemme te tel ná Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing.
Slegs ’n paar raadssetels is tot dusver bevestig, maar die ANC het reeds minstens 42 setels verower.
Die DA het 23 raadssetels gewen, terwyl die PA nege setels opgeraap het.
Ander partye wat volgens voorlopige uitslae minstens een raadsetel verower het, sluit in die EFF, die MK-party, die VF Plus en ActionSA.










Comments