top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

#Verkiesing2026: Die OVK publiseer die amptelike verkiesingsuitslae

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago
1 min read

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal na verwagting Woensdag die amptelike uitslae van die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing in die Staatskoerant publiseer.


Volgens die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sal dit ’n tydperk van 14 dae in werking stel waarbinne metro- en plaaslike munisipale rade saamgestel moet word.


Die verkiesingsuitslae het verskeie rade sonder ’n volstrekte meerderheid regoor die land opgelewer. Riglyne is opgestel om politieke partye en munisipaliteite te help om koalisie-ooreenkomste te hanteer.


Hlabisa sê politieke onderhandelinge mag nie dienslewering ontwrig of munisipaliteite se vermoë om hul grondwetlike verpligtinge na te kom, benadeel nie.


Velenkosini Hlabisa. FOTO: The Witness
Velenkosini Hlabisa. FOTO: The Witness

 
 
 

Comments


bottom of page