top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

#Verkiesing2026: Koalisieregerings gaan waarskynlik die nuwe werklikheid word

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago
1 min read

Met meer as 70% van die stemme getel, lyk dit al hoe meer waarskynlik dat koalisieregerings die nuwe werklikheid gaan word.


Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging (Salga) het reeds in 2022 gesê dat koalisieregerings die nuwe norm sou word.


In verskeie munisipaliteite waar die telling voltooi is, is daar geen algehele meerderheid nie, en koalisiegesprekke tussen verskeie partye is reeds aan die gang.


Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal vandag voortgaan om stemme te tel.


Die uitslag van die plaaslikeregeringsverkiesing sal na verwagting die naweek bekend gemaak word.


Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus
Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus

 
 
 

Comments


bottom of page