#Verkiesing2026: Uitslae kan ná partybesware verander

5 days ago
1 min read
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Mosotho Moepya, sê die aantal setels wat in die voorlopige uitslae van die 2026-plaaslike regeringsverkiesing weerspieël word, kan verander nadat besware by die OVK ingedien is.
Teen Saterdagmiddag het die kommissie 197 besware ontvang, waarvan 54 van die hand gewys is, agt is teruggetrek en twee is gehandhaaf. Die res word steeds oorweeg.
Moepya sê die OVK sal enige beswaar handhaaf wat die finale uitslae wesenlik kan beïnvloed, voordat die uitslae amptelik bekend gemaak word.
Partye en kandidate wat nie met die kommissie se besluite saamstem nie, kan dit binne sewe dae in die Verkiesingshof betwis.










Comments