Vermeende transitorowers is noodlottig gewond

Twee vermeende transitorowers is noodlottig gewond in ’n skietgeveg met die polisie op die N12 naby Westonaria, wes van Johannesburg.
Die voorval het gevolg op ’n intelligensiegedrewe operasie wat verband hou met ’n transitorooftog wat in Virginia in die Vrystaat plaasgevind het.
Die polisie sê die verdagtes het na bewering tydens die rooftog met ’n voertuig teen ’n Izi Cash-voertuig gebots en dit met ’n ploftoestel opgeblaas.
Polisiebeamptes het ’n Toyota Rumion voorgekeer waarin die verdagtes vermoedelik was, waarna ’n skietgeveg uitgebreek het.
’n AK-47-geweer, ’n handwapen, ammunisie en kontant is teruggevind.
Die polisie verbind die verdagtes ook met ’n ander poging tot ’n rooftog in Soweto.
’n Soektog na die oorblywende verdagtes is aan die gang.










Comments