Vier mans is vas ná beweerde boendoe-geregtigheid in Bloemspruit

5 days ago
1 min read
Vier mans is in hegtenis geneem nadat ’n man tydens ’n beweerde geval van boendoe-geregtigheid in Bloemspruit oorlede is.
Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane het die voorval Vrydagmiddag op ’n perseel in Voorspoedweg plaasgevind. Die oorledene is glo saam met ander mense deur die huurders van die perseel aangerand nadat hulle van diefstal beskuldig is.
Die man is op die toneel dood verklaar, terwyl ander mense beserings opgedoen het.
Die verdagtes sal na verwagting in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn terwyl die polisie steeds op soek is na ander brokkenes.
Mense word gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie en enige vermoedelike misdaad eerder aan te meld.










Comments