VISVANG: Die Vrystaat stap weg met ‘n brons medalje
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 13
- 1 min read
Die Vrystaat span het die brons medalje huistoe gebring in die 2025 Gestremde SA kampioenskappe. Luidens ‘n plasing op die Vrystaat Varswater Oewerhengel Vereniging het vanjaar se toernooi, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Varswaterbank Hengelaarsvereniging, SAFBAF, die afgelope week by die die Bloemhofdam se sloep plaasgevind. Volgens SAFBAF se webtuiste het die span van Gauteng met die goud weggestap. Die afdeling vir gestremde hengelaars is in 2015 spesifiek vir hengelaars met fisiese of geestelike gestremdheid gestig. Sommige van die hengelaars word deur assistente/gidse bygestaan en ander neem op hul eie deel indien hulle dit kan doen.





Comments