Vonnisverrigtinge in ‘n Bloemfonteinse pitbull-saak is uitgestel

Die vonnisverrigtinge van ’n Bloemfonteinse vrou wat skuldig bevind is aan strafbare manslag ná die dood van ’n agtjarige seun in ’n pitbull-aanval, is uitgestel.
Volgens Netwerk24 sou die verrigtinge teen Keabetswe Moroane Maandag in die streekhof begin het, maar haar regsverteenwoordiger kon dit nie bywoon nie weens ’n sterfgeval in sy familie. Die saak is tot vroeg in Desember uitgestel.
Moroane is vroeër skuldig bevind nadat haar pitbull die agtjarige Olebogeng Mosime, ’n graad 3-leerling aan Roseview Primary School in Bloemfontein, in November 2022 op haar erf in Vistapark doodgebyt het.
Die hof het bevind dat sy nalatig was omdat sy nie redelike stappe gedoen het om die gevaar wat die hond ingehou het, te voorkom nie.










Comments