Vriende bring braaivleis hospitaal toe vir Mathys Roets

3 days ago
1 min read
'n Paar vriende van die bekende Suid-Afrikaanse sanger Mathys Roets het die naweek in die hospitaal met braaivleis kom kuier.
Roets sterk die afgelope vyf weke in ’n hospitaal in Pretoria aan nadat hy ’n operasie moes ondergaan.
Roets, wat in 2009 ná ’n ernstige motorfietsongeluk verlam gelaat is, vertel aan Maroela Media hy het nie pyn nie, maar hy mag nie sit nie.
Roets het vroeër ’n wond ontwikkel wat slegs deur middel van ’n operasie kan genees. Rekonstruktiewe werk moes gedoen word, wat lank neem om te heg.
Roets sê dit is lekker om vriende te hê wat normaliteit terugbring en help om nie so geïsoleer te voel nie.










Comments