Vrystaat Landbou waarsku teen dieselprysmanipulasie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 16
- 1 min read
Vrystaat Landbou sê hy sal geen poging duld om produsente deur opportunistiese prysmanipulasie of voorraadbeperkings uit te buit nie.
Die organisasie se president, Francois Wilken, sê in ‘n aanlyn artikel hulle is bewus van berigte dat sekere grootmaatbrandstofverskaffers diesel van boere weerhou te midde van markonsekerheid.
Die waarskuwing volg te midde van internasionale kommer oor brandstofmarkte ná die eskalerende konflik tussen die VSA en Iran.
Volgens Vrystaat Landbou kan wisselvalligheid in globale olie- en dieselmarkte, asook ontwrigtings in skeepvaartroetes, brandstofpryse opstoot.
Diesel is ’n kritieke inset in landbouproduksie, en enige skerp styging kan verdere druk op boere plaas en uiteindelik tot hoër voedselpryse lei.
Die organisasie sê hy monitor die situasie noukeurig en bly met rolspelers in gesprek.








Comments