top of page

Vrystaat-man sit lewenslank vir verkragting van sy dogter

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 11, 2025
  • 1 min read

n Man is in die Ladybrand-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy eie dogter.

Bloem Express berig die woordvoerder van die Vrystaatse polisie, sers. Mmako Mophiring, het gister bevestig die insident het in Junie 2020 plaasgevind. Ten tyde van die verkragting was die meisie agt jaar oud.

Mophiring voeg by tesame met die tronkstraf van 25 jaar het die hof beveel dat die man se naam op die Nasionale Kinderbeskermingsregister geplaas word, wat beteken hy is nie geskik om ooit weer met kinders te werk nie. Hy mag ook nie ‘n wapen besit nie.

 
 
 

Comments


bottom of page