Vrystaatse amptenare verskyn in die hof oor beweerde bedrog

Twee amptenare van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit in Kroonstad en die direkteur van ’n ingenieursmaatskappy het op aanklagte van bedrog, diefstal en die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur in die Welkom-handelmisdaadhof verskyn.
Volgens Parys Gazette is die ingenieursmaatskappy is in September 2019 vir drie jaar aangestel om instandhoudingswerk by die munisipaliteit se rioolwatersuiweringsaanleg te doen.
Daar word beweer dat die maatskappy fakture ingedien het vir werk wat nooit gedoen is nie, terwyl die twee munisipale amptenare dit na bewering goedgekeur het.
’n Ondersoek deur die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekeenheid het die beweerde bedrog blootgelê. Die munisipaliteit het na raming sowat R858 000 verloor.
Die ondersoek het gevolg nadat ’n lid van die publiek anoniem inligting deur die MySAPS-toepassing aangemeld het.










Comments