top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse leerders word by Eskom se wetenskapskompetisie vereer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
54 minutes ago
1 min read

Twee Vrystaatse leerders is by vanjaar se Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes se Internasionale Wetenskapskou vereer.


Volgens Eskom het Helené Fourie van Trio Hoërskool in Welkom ’n voorlopige merietebeurs ontvang. Sy is een van ses jong wetenskaplikes landwyd wat vir dié beurse gekies is, wat akademiese prestasie, innovasie en uitnemendheid erken.


Die beurs is onderhewig aan die bevestiging van haar Graad 12-uitslae en Eskom se toelatingsvereistes.


Charlotte Gibbens van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het intussen ’n Eskom-spesiale toekenning as die Beste Vroulike Deelnemer ontvang. Die toekenning sluit ’n skootrekenaar en kontantprys in.


Die internasionale wetenskapskou het vanjaar 316 jong wetenskaplikes van regoor Suid-Afrika, asook 24 internasionale deelnemers, byeengebring.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 

 
 
 

Comments


bottom of page