top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse polisie tree op teen onwettige wildhandel

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11
1 min read

Die Vrystaatse polisie het ‘n man in hegtenis geneem en ‘n ander beboet in afsonderlike sake wat verband hou met die beweerde onwettige handel in en besit van wild.


‘n Man is in Reitz in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n luiperdskilpad te koop op Facebook Marketplace geadverteer het.


Die polisie en die Wildlife Crime Information Network het die skilpad by sy huis gered.


In Clarens is ‘n 19-jarige ‘n boete van R3 000 opgelê nadat hy na bewering ‘n jakkalswelp aangehou en te koop aangebied het.


Die owerhede doen ‘n beroep op die publiek om die nodige permitte te bekom voordat hulle wilde diere besit, vervoer of daarmee handel dryf.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page