top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse sakemanne is in hegtenis vir bedrog

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17
1 min read

Drie Vrystaatse sake-eienaars is in hegtenis geneem in verband met beweerde Covid-19-bedrog.


Luidens ’n mediaverklaring van die Valke het die drie in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery.


Die Departement van Indiensneming en Arbeid het vier afsonderlike ondersoeke na die Spesiale Ondersoekeenheid, oftewel die SOE, verwys nadat daar vermoed is dat eise namens niebestaande werknemers ingedien is.


Die drie het glo eise van onderskeidelik sowat R260 000, R118 000 en R409 000 ingedien.


Die saak word op 2 Oktober in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Bloemfontein hervat.


Die drie sakemanne is elk op R1 000 borgtog vrygelaat.


Ter illustrasie. FOTO: TheCable
Ter illustrasie. FOTO: TheCable

 
 
 

Comments


bottom of page