top of page

Vrystaatse vullisterreine is die swakste in die land

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 11
  • 1 min read

Die Vaalpark-oorlaaistasie op Sasolburg was die enigste Vrystaatse vullisterrein wat dit kon regkry om aan AfriForum se jaarlikse vullisterreinopname-oudit se vereistes te voldoen.

Dis die eerste keer in vyf jaar dat 'n Vrystaatse terrein aan die ouditvereistes voldoen.

Maroela Media berig net 5% van Vrystaatse vullisterreine – of een uit 22 – voldoen aan die mees basiese vereistes van vullisterreinbestuur. Die provinsie het boonop die swakste in die land gevaar en kon net ’n gemiddelde nakomingspunt van 18% aanteken.

AfriForum waarsku die resultate toon ernstige sistemiese verval ten opsigte van vullisterreine.

Vullisterreine hier hou ernstige risiko’s in, en is waarskynlik skuldig aan lug-, water- en grondbesoedeling.

Die helfte van Vrystaatse terreine wat geoudit is, kon nie eens ’n nakomingspunt van 10% behaal nie.

 
 
 

Comments


bottom of page