Vrystater vang Hongaarse visse
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 8, 2024
- 1 min read
Die Protea o.25-span hengelaars het in Szeged, wat in Hongarye geleë is, aan die wêreldkampioenskap vir “feeder”-visvang deelgeneem. Dit is ‘n baie spesifieke manier van visvang. Die span het uit vyf vissers van gemengde geslag bestaan, en een van die lede is Gordon Michael Brown van Welkom. Die span het in gure weer deelgeneem, met die span wat noem dit is baie slegter as wat hulle aan geweoond is. Dit het meestal gereën en was voortdurend koud - maar die jongmense het deurgedruk. Alhoewel die span vir vier dae voor die kompetisie geoefen het om 'n strategie te beraam, het die kompetisie amptelik verlede Vrydag en Saterdag plaasgevind. Die Protea o.25-span het gesamentlik die negende plek behaal, terwyl die tuisspan eerste was, Ierland tweede en Frankryk derde. Hier is die finale ranglys
Hongarye
Ierland
Frankryk
Roemenië
Italië
Tsjeggië
Duitsland
Slowakye
Suid-Afrika
Litaue
Estland
Pole






Comments