top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vyf is vas ná die ontdekking van ’n dwelmlaboratorium

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21
1 min read

Die Valke het vyf verdagtes in hegtenis geneem ná die ontdekking van ’n dwelmlaboratorium ter waarde van R600 miljoen in Musina, Limpopo.


Die Valke het die dwelms, ’n onbekende bedrag kontant en laboratoriumtoerusting tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie op 'n plaas in Musina gevind.


Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.


Die Valke se luitenant-kolonel Avele Fumba sê die verdagtes sluit twee Meksikaanse burgers, twee Zimbabwiërs en een Malawiese burger in.


LUISTER HIER:


Avele Fumba

Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page