WATERPOLO: Paadjies van Waterpolo en Swem Suid-Afrika kan moontlik binnekort skei
- Armando Pieters

- Jun 20
- 1 min read
Die hooggeregshof in Kaapstad het vandeesweek beslis dat waterpolo in Suid-Afrika sy eie federasie onafhanklik van Swem Suid-Afrika (SSA) mag skep terwyl diè beheerliggaam wat watersportsoorte in die land reguleer nou daarteen vasskop. SA Waterpolo (SAWP) wat in Februarie vanjaar gestig is was verheug oor die hofuitspraak wat hulle sien as ’n oorwinning vir onafhanklikheid. Volgens SAWP is die belangrikheid van 'n eie federasie deurslaggewend aangesien sy administratiewe en ontwikkelings-vereistes heelwat verskil van swem. Alhoewel die SSA se regspan reeds die hof se beslissing bestudeer sal SAWP voortgaan om alle provinsiale liga, meesterstoernooie sowel as ’n nuwe winterreeks en streektoernooie te reël en verder verseker dat ontwikkeling op grondvlak plaasvind en transformasie-prosesse in plek is.





Comments