top of page

Winburg smeek om hulp nadat hulle vir ‘n week sonder water is

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Dec 6, 2024
  • 1 min read

Winburg het die afgelope week steeds geen watertoevoer gehad nie. Inwoners bevestig dat daar tot dusver geen oplossing of enige vorm van verligting was nie. Hulle pleit dat enige organisasie wat moontlik kan help, hulp aan Winburg bied. Terwyl daar geen watervragmotors vir die dorp beskikbaar is nie, het die Hillside-omgewing ook geen elektrisiteit nie. Werknemers by die aftree-oord verduidelik dat dit uiters moeilik is om te sien hoe die bejaardes worstel met omstandighede buite hul beheer. Intussen is daar ʼn versoek aan reisigers wat by Winburg verbyry om water na Alpha Motors by die Caltex-vulstasie in Winburg te bring. Vra gerus vir Martie Bothma om die water te ontvang. Eugene Du Toit kan ook gekontak word. Sy kontaknommer is +27 81 544 8451

 
 
 

Comments


bottom of page