YouVersion stel ‘n gratis Bybeltoepassing vir tieners bekend

Die gewilde Bybeltoepassing YouVersion het ʼn gratis toepassing bekendgestel wat tieners help om daagliks die Bybel te lees. Die toepassing, Bible Loop, is saam met die jeugbediening OneHope ontwikkel en is wêreldwyd in vier tale beskikbaar, insluitend Engels.
The Christian Post berig YouVersion se stigter, Bobby Gruenewald, sê dit is verlede jaar in Indië getoets en is reeds meer as een miljoen keer geïnstalleer. Dit bied ʼn geheuespeletjie vir Bybelverse en ʼn daaglikse inskrywing waar tieners deel hoe hulle voel en ʼn gepaste oordenking ontvang.
OneHope se medestigter, Rob Hoskins, sê die voortienerjare is krities vir geestelike groei, maar dit is dikwels wanneer dissipelskap tuis begin afneem.
Gruenewald sê die doel is om tieners te help om Bybelgewoontes te vorm wat nou en later saak maak.










Comments