Ysland ontbied die Amerikaanse ambassadeur ná ‘n Trump-plasing

Sep 8
1 min read
Ysland het die Amerikaanse ambassadeur, Billy Long, ontbied ná ’n plasing deur president Donald Trump op sy Truth Social-platform.
Volgens Reuters het Trump ’n kaart gedeel waarop Ysland, Groenland, Kanada, Mexiko en verskeie ander lande onder die Amerikaanse vlag gewys word. Die hele landmassa is as die Verenigde State van Amerika aangedui, sonder enige verduideliking.
Ysland se ministerie van buitelandse sake het die plasing as heeltemal onvanpas beskryf.
Die voorval kom enkele ure nadat die Europese Kommissie ’n belegging van 232 miljoen dollar, oftewel sowat R4,1 miljard, in Groenland aangekondig het.








Comments