Zuma se aansoek in die wapentransaksie-saak is weer afgekeur
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Oud-president Jacob Zuma en die wapenmaatskappy Thales se aansoek om verlof om te appeleer om korrupsieklagtes teen hulle te laat vaar, het misluk.
EWN berig Thales en Zuma word verbind met die kontroversiële wapentransaksie van 1999 en word deur klagtes van bedrog, geldwassery en korrupsie in die gesig gestaar. Hulle het in Junie '2025 ook aangevoer die klagtes moet laat vaar word aangesien twee sleutelgetuies intussen oorlede is en hulle nie 'n regverdige verhoor sou kry nie.
Regter Nkosinathi Chili het beide dié aansoeke van die hand gewys.




Comments