top of page

'n Franse wapenmaatskappy en Zuma wil weer appèlleer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Franse wapenmaatskappy, Thales, en voormalige president Jacob Zuma gaan weer aansoek doen om verlof tot appèl. Hierdie stap is teen die Pietermaritzburgse hooggeregshof se verwerping van hul aansoek om korrupsie-aanklagte teen hulle te laat vaar.


Die aanklagte hou verband met Suid-Afrika se wapenaankope in 1999.


SABC News berig twee direkteure, Alain Thetard en Pierre Moynot, is intussen dood, wat inbreuk op 'n billike verhoor kan maak.


In sy uitspraak in Junie het regter Nkosinathi Chili gesê die hof kan nie 'n verhoor stop nie, maar dié mag lê by die Nasionale Vervolgingsgesag. Hy sê in so 'n hoëprofielsaak moet die samelewing se belang ook in ag geneem word.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

Comments


bottom of page