top of page



Die parlement steun 'n voorstel van 'n alkoholverbod vir bestuurders
Die parlement se portefeuljekomitee vir vervoer steun minister Barbara Creecy se voorstel om ’n totale verbod op alkoholgebruik vir bestuurders in te stel. Die komitee beklemtoon dat dronkbestuur steeds ’n ernstige risiko is en bydra tot hoë sterftesyfers op Suid-Afrikaanse paaie. Statistieke van die feesseisoen wys dat meer as 8 500 bestuurders positief vir alkohol getoets is. Dit is ’n styging van 144% teenoor verlede jaar. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 19


‘n Drukgroep wil die wettige drinkouderdom verhoog
Die drukgroep Gatekeepers South Africa vra dat die land se wettige drinkouderdom van 18 tot tussen 21 en 23 jaar verhoog word. Dié niewinsgewende organisasie het verlede maand aan president Cyril Ramaphosa geskryf om hul kommer oor alkoholmisbruik uit te spreek. Hulle beweer dat alkoholmisbruik tot verslawing aan ander stowwe lei, geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord aanvuur, en tot noodlottige padongelukke lei. Die groep stel ook voor dat alkoholadvertensies in openbare ru

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 5


Hospitale gaan gebuk weens alkoholverwante opnames
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) waarsku dat hospitale gedurende die feestyd onder verhoogde druk verkeer weens hoër alkoholverbruik. Die vereniging sê alkoholverwante beserings en ongelukke lei dikwels tot ‘n toename in noodopnames, wat ekstra druk op reeds oorwerkte gesondheidswerkers plaas. Die voorsitter van Sama, Mvuyisi Mzukwa, sê die situasie vererger gewoonlik op Oujaarsaand. Hy waarsku dat oormatige drankgebruik bydra tot ongelukke, oorvol ongevalle-afde

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 30, 2025
bottom of page

