top of page

Hospitale gaan gebuk weens alkoholverwante opnames

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 30, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) waarsku dat hospitale gedurende die feestyd onder verhoogde druk verkeer weens hoër alkoholverbruik.


Die vereniging sê alkoholverwante beserings en ongelukke lei dikwels tot ‘n toename in noodopnames, wat ekstra druk op reeds oorwerkte gesondheidswerkers plaas.


Die voorsitter van Sama, Mvuyisi Mzukwa, sê die situasie vererger gewoonlik op Oujaarsaand. Hy waarsku dat oormatige drankgebruik bydra tot ongelukke, oorvol ongevalle-afdelings en personeeluitbranding, veral omdat fasiliteite steeds met beperkte hulpbronne werk.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page