top of page



Duisende Suid-Afrikaners beëindig hul belastinginwonerskap
Meer as 50 000 belastingbetalers het die afgelope sewe jaar hul belastinginwonerskap in Suid-Afrika beëindig. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die diens sê dit dui op ’n langtermyn-uitdunning van die belastingbasis, met ’n beduidende afname in belasbare inkomste en belastinginkomste. Hulle waarsku dat die tendens ’n toenemende risiko vir staatsinkomste inhou. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 23


Die Inkomstediens verhaal miljarde rande
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê hulle het ‘n toename van 16.7% in nakomingsinvordering aangeteken. Hulle het R304 miljard ingevorder deur belastingbetalers wat geld geskuld het, te vervolg. Dit sluit ‘n byne R12 miljard in wat van individue met ‘n hoë netto waarde ingevorder is. Volgens die Inkomstediens het hul geteikende strategiese inisiatiewe hulle gehelp om R44.5 miljard meer in die 2024/25 finansiële jaar te verhaal. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025
bottom of page

