top of page



Bewerings van korrupsie in die onderwysdepartement word ondersoek
Bewerings van korrupsie binne die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding word deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek. Volgens minister Buti Manamela ondersoek die eenheid ten minste 10 projekte wat vaardigheidsontwikkelingsverskaffers, Tvet-kolleges en koöperasies betrek. Die ondersoek gaan oor onreëlmatige uitgawes, bedrieglike kontrakte en wanbestuur van staatsfondse. Manamela sê van die geld word reeds verhaal. Buti Manamela. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Nuwe reëls vir universiteitsverslagdoening poog om krisisse te versag
Om aanspreeklikheid en deursigtigheid by Suid-Afrikaanse universiteite te versterk is nuwe konsepregulasies deur die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, aangekondig. Die voorgestelde reëls sal vereis dat instellings meer gereeld verslae indien. Dit vereis ook dat besteding aan konsultante en regskoste openbaar gemaak moet word, en insette van studente en personeel moet insluit. Manamela sê die doel is om bestuursprobleme vroeg op te spoor, in plaas daarvan om te reag

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025


Nuwe Seta-raadslede lok kritiek uit
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het byna ‘n maand ná hul aanstelling, die name van nuwe Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SETA)-raadslede bekend gemaak. Die vertraging het kritiek ontlok. Dit omdat die rade glo verskeie ANC-lede insluit, onder meer ’n voormalige burgemeester van KwaZulu-Natal, jeugliga-leiers en lede van provinsiale en streeksuitvoerende komitees. Die DA se adjunkwoordvoerder oor hoër onderwys, Karabo Khakhau, sê die party sal die saa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025
bottom of page

