top of page

Bewerings van korrupsie in die onderwysdepartement word ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 5, 2025
  • 1 min read

Bewerings van korrupsie binne die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding word deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek. 


Volgens minister Buti Manamela ondersoek die eenheid ten minste 10 projekte wat vaardigheidsontwikkelingsverskaffers, Tvet-kolleges en koöperasies betrek. 


Die ondersoek gaan oor onreëlmatige uitgawes, bedrieglike kontrakte en wanbestuur van staatsfondse. 


Manamela sê van die geld word reeds verhaal.


Buti Manamela. FOTO: Facebook
Buti Manamela. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page