top of page



FORMULE 1: Reën beperk F1-toetsing in Barcelona
Formule Een se privaat toetsing in Barcelona is deur reën getref, met slegs Red Bull en Ferrari wat die moeilike toestande gewaag het. Red Bull se Max Verstappen het die vinnigste tyd opgestel sodra die baan droog geword het en het meer as ‘n sekonde voor Ferrari se Charles Leclerc geëindig. Leclerc en sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het ‘n gekombineerde 121 rondtes voltooi terwyl die span op stelseltoetse eerder as op blote spoed gefokus het. Verskeie spanne het w

Saamgestel deur Armando Pieters
7 days ago


FORMULE 1: Norris vier historiese titel
Lando Norris het die Formule Een-wennerstrofee by ‘n gala in Tasjkent opgelig nadat hy die wêreldtitel in Abu Dhabi beklink het. Max Verstappen was weens siekte afwesig, en het in ‘n opgeneemde boodskap om verskoning gevra vir sy afwesigheid terwyl hy McLaren en Norris geprys het vir ‘n uitstekende seisoen. Rosestad-sport het vroeër berig die 26-jarige Brit het Verstappen met twee punte oor ‘n seisoen van 24 wedrenne geklop, wat Norris die 35ste F1-wêreldkampioen en die elfd

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 15, 2025


FORMULE 1: Verstappen kry 'n nuwe spanmaat
Red Bull Racing het aangekondig dat Isack Hadjar, Max Verstappen se nuwe spanmaat vir die 2026-seisoen sal wees. Die 21-jarige het ’n belowende debuutjaar by die Racing Bulls gehad, met tien top-10-plasings en sy eerste Formule 1-podium - ’n derde plek by die Nederlandse Grand Prix. Hy vervang Yuki Tsunoda wat as toets- en reserwe-bestuurder sal voortgaan. Spanbaas Laurent Mekies sê Hadjar het sy spoed en volwassenheid getoon en glo dié jong talent saam met Verstappen 'n groo

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


FORMULE 1: Verstappen kry hupstoot met McLaren-diskwalifikasies
Max Verstappen het nie net die louere in Las Vegas ingepalm nie, maar ook sy jag na ‘n vyfde agtereenvolgende wêreldtitel versterk nadat Lando Norris en Oscar Piastri weens tegniese oortredings gediskwalifiseer is. Beamptes het bevind dat die borde onder die twee McLaren-renmotors minder as die vereiste nege millimeter dikte was. Norris en Piastri se tweede en vierde plekke is dus uit die amptelike uitslag verwyder, wat beteken dat Verstappen nou gelyk met Piastri op 366 punt

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 24, 2025


FORMULE 1: Red Bull en Ford skop nuwe F1-era af met gesamentlike bekendstelling
Red Bull Racing en die Racing Bulls sal hul 2026 Formule Een-vennootskap met Ford tydens ‘n gesamentlike bekendstelling in Detroit op 15 Januarie onthul. Die geleentheid sal die debuut van Red Bull Ford-kraglyne merk, terwyl die spanne voorberei vir die sport se nuwe enjin-era voor toetsing in Barcelona later daardie maand. Albei spanne word tans deur Honda aangedryf, maar sal oorskakel soos Ford na F1 terugkeer, terwyl Honda vanaf 2026 kragte saamsnoer met Aston Martin. Span

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2025


MOTORSPORT: Verstappen sal beproef word by Singapoer Grand Prix
Max Verstappen het in die laaste fase van die Formule 1-seisoen ’n aansienlike oplewing beleef, maar dié herlewing sal binnekort beproef...

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 1, 2025
bottom of page

