top of page




Formule 1 het die Bahrain- en Saoedi-Arabiese Grand Prix-wedrenne gekanselleer
Formule 1 het die Bahrain- en Saoedi-Arabiese Grand Prix-wedrenne wat vir April beplan was, gekanselleer weens die konflik in die Midde-Ooste. Die sport se beheerliggaam, die FIA, en Formule Een-bestuur het bevestig dat die wedrenne voorlopig nie op die kalender vervang sal word nie. Bahrain se wedren by die Sakhir-baan sou op 12 April plaasvind, gevolg deur die Saoedi-Arabiese Grand Prix in Jeddah die volgende naweek. Amptenare sê die besluit is geneem weens veiligheidsrisik

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


FORMULE 1: Ontevredenheid oor reëlveranderinge neem toe
Max Verstappen het Formule Een (F1) se opgeknapte masjinerie gekritiseer na voorseisoentoetse in Bahrein. Die viermalige wêreldkampioen sê die verhoogde fokus op energiebestuur laat die motors meer soos Formule E voel in plaas van die tradisionele F1. Die Red Bull Racing-bestuurder sê hy voel dat bestuurders nie meer voluit kan druk onder die ingrypende onderstel- en enjinreëlveranderinge nie. Sewemalige kampioen, Lewis Hamilton, het ook die FIA versoek om interpretasies van

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 13


FORMULE 1: Alonso sien uit na ’n nuwe F1-era saam met Newey
Fernando Alonso sê hy is opgewonde oor die aanloop tot die 2026 F1-seisoen, wanneer hy vir die eerste keer in sy loopbaan ’n Adrian Newey-geïnspireerde Aston Martin-renmotor sal bestuur. Met Newey se indrukwekkende rekord van 14 renjaer- en 12 spantitels nou deel van die span, glo die tweemalige wêreldkampioen die sterontwerper kan nuwe energie in sy loopbaan blaas. Alonso sê 2026 bring vars vennootskappe met Honda en Aramco mee, en dat hy uitsien na gedeelde sukses op die ba

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 11


FORMULE 1: Piastri vertrou McLaren sal hom weer ’n regverdige titelkans gee in 2026
Oscar Piastri sê McLaren het hom verlede seisoen ‘n billike kans op die Formule Een-titel gegee en verwag dieselfde benadering in 2026, wanneer hy weer kop-aan-kop met kampioenspanmaat, Lando Norris, gaan meeding. Terwyl Piastri erken het dat sommige situasies beter hanteer kon word, het hy beklemtoon dat daar geen slegte bedoelings was nie, ten spyte van kontroversie oor McLaren se sogenaamde Papaja-reëls. Piastri sal die veldtog op 8 Maart by sy tuis-Grand Prix in Melbourne

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 6
bottom of page

