FORMULE 1: Ontevredenheid oor reëlveranderinge neem toe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 13
- 1 min read
Max Verstappen het Formule Een (F1) se opgeknapte masjinerie gekritiseer na voorseisoentoetse in Bahrein.
Die viermalige wêreldkampioen sê die verhoogde fokus op energiebestuur laat die motors meer soos Formule E voel in plaas van die tradisionele F1.
Die Red Bull Racing-bestuurder sê hy voel dat bestuurders nie meer voluit kan druk onder die ingrypende onderstel- en enjinreëlveranderinge nie.
Sewemalige kampioen, Lewis Hamilton, het ook die FIA versoek om interpretasies van die regulasies te verduidelik om ‘n gelyke speelveld oor die rooster te verseker.








Comments